Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Skouer pootjie Kyrgios voor New York Ope
Nick Kyrgios, hier in aksie in die afgelope Australiese Ope, sal nie van Maandag af aan die New York Ope deelneem nie.Foto: Getty Images

Die omstrede Nick Kyrgios, terug onder die voorste 20 manstennisspelers ter wêreld nadat hy die vierde ronde van die Australiese Ope gehaal het, moes hom aan die New York Ope onttrek, wat Maandag begin.

Die stoutseun van tennis het weer ’n skouerbesering opgedoen.

Organiseerders van die ope het Sondag ’n kort verklaring van die Australiese speler getwiet, waarin hy om verskoning vra vir sy onttrekking en ook sy teleurstelling uitspreek dat hy nie op Long Island, tuiste van die toernooi, in aksie sal wees nie.

“My skouer het ná die Aussie Ope weer probleme begin gee en ek sal nie op my beste in New York kan wees nie,” het Kyrgios gesê. Hy het verlede jaar verskeie kere met ’n seer regterskouer gesukkel, wat sy afslaan belemmer.

Die Amerikaner John Isner is die topgekeurde in New York, met Milos Raonic, wat die kwarteindronde van die Aussie Ope gehaal het, in die twee plek. – stuff.co.nz

Meer oor:  Nick Kyrgios  |  New York  |  Aussie Ope  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.