
Enrique López Pérez in 2017 in die Sydney International-toernooi in aksie. Foto: Getty Images
Die Spaanse tennisspeler Enrique López Pérez is vir agt jaar geskors vanweë sy betrokkenheid in wedstrydknoeiery.
Die Tennis-integriteitseenheid (TIU) het bevind dat Pérez (29) in 2017 in drie afsonderlike gevalle van wedstrydknoeiery betrokke was.
Dié Spanjaard het in 2018 sy hoogste plek op die wêreldranglys (154ste) beklee.
Pérez mag vir die volgende agt jaar aan geen amptelike tennistoernooie deelneem of selfs bywoon nie. Hy is ook met $25 000 beboet.
Die TIU sê Pérez, wat sedert Desember 2019 voorlopig geskors was, se tugverhoor was op 5 November. Twee ander klagte teen hom kon nie bewys word nie. – Reuters