Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Spelers ‘op’ weens Covid-beperkinge

Die Oostenrykse tennisster Dominic Thiem se swak spelpeil en geestestoestand is tans ’n besprekingspunt onder sy kollegas en die sport se aanhangers.

Volgens Novak Djokovic, die wêreldnommereen, is Thiem “op” vir tennis weens al die Covid-19-beperkings en sê die Oostenryker is nie die enigste speler wat so voel nie.

Novak Djokovic sê hy weet hoe Dominic Thiem (regs) voel. Foto: Getty Images

Thiem sou na verwagting vandeesweek sy terugkeer by die Serwiese Ope in Belgrade maak, maar hy het hom ’n paar dae gelede glo weens ’n kniebesering aan die toernooi onttrek. Hy sukkel vanjaar met sy ingesteldheid en motivering en het onlangs erken dat hy “geestelik in ’n gat geval het”.

Djokovic sê “die meeste” van die spelers in die ATP-reeks sukkel met soortgelyke kwessies.

“Dit is beslis ’n groot terugslag vir ons toernooi dat Dominic Thiem nie hier speel nie,” sê die Serwiese wenner van 18 Grand Slam-titels.

“Die tenniswêreld het hom nodig, want hy is ’n major-kampioen en een van die topspelers ter wêreld, ’n groot ster. Hy was opgewonde om terug te keer, so dit is jammer dat hy nie hier is nie.”

Djokovic sê hy het gehoor Thiem sukkel met hoe hy voel.

“Hy is ’n bietjie op vir die beperkinge in die bioborrel in die ATP-reeks. Ek verstaan hoe hy voel, want ons almal moet dieselfde deurgaan. Die meeste van die spelers ervaar probleme met hul ingesteldheid en motivering,” sê hy.

“Dit is moeilik om in leë stadions te speel, al die gereis en dan mag jy nie jou hotelkamer verlaat nie – jy word basies beperk tot die tennisbaan en jou hotelkamer.” tennishead

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.