Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Spelers swaai rakette op rusbank
Novak Djokovic van Serwië op 12 Mei 2019 nadat hy die mans-enkelspeltitel van die Madrid Ope gewen het.Foto: Getty Images

Met die sportwêreld wat tot stilstand gekom het, wend sportlui hulle na die virtuele wêreld vir pret en plesier.

Die Ferrari-renjaer Charles Leclerc het Sondag Formule Een se virtuele Grand Prix gewen.

Motorsport-aanhangers kon dié wedren op die Melbourne-baan regstreeks op die internet volg.

Nou gaan tennisspelers hul rakette verruil vir die kontroles van hul videospeletjies wanneer hulle mekaar in ’n virtuele Madrid Ope pak.

Dié kleibaantoernooi sou op 3 Mei begin het, maar is weens die koronavirus-pandemie afgelas.

Die organiseerders van dié toernooi het besluit om tussen 27 en 30 April ’n e-sport-nabootsing, “Virtual Pro”, aan te bied.

Die deelnemers sal geld insamel vir medespelers wat finansieel swaarkry, asook diegene wat teen die pandemie stry. Altesaam 16 spelers sal in vier groepe verdeel word.

Die mans- en vrouewenners sal €150 000 (sowat R3 miljoen) verdien en sal kan besluit hoe hulle dit wil aanwend.

Die mans- en vrouewenners sal €150 000 (sowat R3 miljoen) verdien en sal kan besluit hoe hulle dit wil aanwend.

Feliciano Lopez, die toernooi-direkteur, sê ’n bykomende €50 000 (bykans R1 miljoen) sal geskenk word om die maatskaplike impak van Covid-19 te verminder.

“Dit gaan baie na aan die ware Jakob wees, maar die spelers sal nie hul huise verlaat nie,” sê Lopez.

“Ons wil nie net vermaak nie, maar ook ons deel doen tydens dié tydperk wat moeilik is vir almal.”

* Novak Djokovic en Kiki Bertens was 2019 se kampioene op die regte Madridse klei. – TeamTalk

Meer oor:  Geldinsameling  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.