Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Stresvol, veeleisend’ om Novak af te rig
Goran Ivanisevic hou Novak Djokovic dop terwyl hy vir Wimbledon voorberei. Foto: Getty Images

Goran Ivanisevic sê dit is stresvol en veeleisend om die wêreld se voorste tennisspeler, Novak Djokovic, af te rig omdat “ons slegs die oorwinnings en Grand Slam-titels tel”.

Die Kroaat erken egter hy is mal oor sy pos, “want dit spoor my aan om ’n beter afrigter en ’n beter mens te wees”.

Djokovic het vandeesmaand vir die sesde keer by Wimbledon geseëvier en sy 20ste major-titel verower.

Ivanisevic, ’n voormalige Wimbledon-kampioen, is sedert 2019 die Serwiër se afrigter. Djokovic het vyf major-titels in daardie tyd verower.

“In alle eerlikheid, dit is baie stresvol,” sê Ivanisevic in ’n onderhoud met tennis.com oor sy vennootskap met Djokovic.

“Mense dink my werk saam met Novak is maklik, maar dit is nie. Ek sê jou wat, ek gee jou my werk vir ’n week en dan besluit jy of dit wil behou of aan my wil teruggee.

“Dit is wonderlik om elke dag saam met so ’n uitstekende sportman te werk, maar dit is ook baie veeleisend.

“Dit is nie goed genoeg om eenvoudig ’n eindstryd te haal nie. Jy moet seëvier. Ons tel slegs die oorwinnings en die Grand Slam-titels.

“Dit is uiters stresvol, maar ek verkies dit. Ek is mal daaroor. Dit spoor my aan om ’n beter afrigter en ’n beter mens te wees. Ek geniet dit geweldig baie.” – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Goran Ivanisevic  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.