Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Swartskaap’ Kyrgios soek net aandag

Die Griekse tennisster Stefanos Tsitsipas sê Australië se Nick Kyrgios smag na aandag, maar hy dink daar is niks fout daarmee nie.

Stefanos Tsitsipas (regs) en Nick Kyrgios. Foto: Getty Images

Kyrgios, wat weens vrees vir sy veiligheid te midde van die Covid-19-pandemie vir 11 maande buite aksie was, het die afgelope paar weke weer baie te sê gehad.

Hy het onder meer die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, as ’n “idioot” (tool) beskryf, aangevoer sy morele waardes noop hom dat hy sy medeberoepspelers vir hul aksies aanspreeklik hou en Saterdag verklaar hy het tennis en sy medespelers geensins gemis nie.

Die 25-jarige Kyrgios, 47ste op die wêreldranglys, sê hy veroorsaak nie omstredenheid om aandag te kry nie, maar Tsitsipas is nie so seker nie.

“Nick Kyrgios . . . hy is die swartskaap van die ATP-reeks,” sê Tsitsipas in ’n onderhoud met die No Challenges Remaining-podsending.

“Hy hou daarvan om onvoorspelbare dinge te doen. Hy hou van aandag, kom ons ontken nie daardie feit nie. Volgens my is dit heeltemal normaal. Daar is niks mee verkeerd nie.

“Hy het sy eie, unieke persoonlikheid en dit blyk dat sommige mense mal is daaroo. Hoewel talle mense dit haat en nie verstaan nie, is daar baie mense wat nie genoeg van hom kan kry nie.

“Ek voel dit is piekfyn en ons sport het dit nodig. Dit is vermaak. Dit is iets unieks en spesiaals en nie baie spelers beskik daaroor nie.

“Ek sou nie sê ons deel ’n nabye vriendskap nie, maar ons gesels so nou en dan via videoboodskappe – op die vreemdste tye. Soms kontak hy my soggens om 01:00. Ek verstaan dit nie altyd nie.” – Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Stefanos Tsitsipas  |  Tennis  |  Atp  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.