Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Taai om tieners te pak, sê ‘ou’ Halep

Simona Halep sê sy voel oud.

Die 27-jarige Roemeense tennisspeler moet Donderdag nóg ’n tiener die stryd aansê in die verdediging van haar Franse Ope-kroon en sê jongelinge is vreesloos en taai.

Sy het in die vierde ronde met 6-1, 6-0 met die 18-jarige Iga Swiatek van Pole afgereken, maar die 17-jarige Amerikaner Amanda Anisimova sal ’n taaier toffie wees.

Amanda Anisimova (17) van Amerika is een van vrouetennis se opkomende sterre. Foto: AP

Hul paaie kruis Donderdag in ’n kwarteindstryd op Roland Garros in Parys.

“Ek voel baie oud. Dit is nie maklik om teen iemand te speel wat tien jaar jonger is nie. Hulle is jonk, hulle het niks om te verloor nie,” sê Halep.

“As jy teen iemand speel wat hoër as jy op die ranglys is, het jy geen vrees nie. Jy gaan net uit om jou beste tennis te speel.”

Anisimova is nr. 51 op die wêreldranglys – die jongste speler in die top-100.

Halep glo egter die ondervinding van Grand Slam-tennis sal in haar guns tel.

Anisimova word as een van vrouetennis se opkomende sterre beskou. Sy het in Januarie op die wêreldtoneel verskyn toe sy die vierde ronde in die Australiese Ope bereik het. Sy het in April haar eerste WTA-titel in Bogota, Colombia, gewen.

Anisimova het die kwarteindronde van die Franse Ope bereik sonder om ’n stel te verloor. Sy het Aliona Bolsova gemaklik met 6-3, 6-0 in die vierde ronde geklop om ’n afspraak met Halep te maak.

“Ek kan nie beskryf hoe opgewonde ek is nie. Dit is wonderlik om teen haar te speel. Sy het die vorige jaar gewen.

“Ek kon nie vir ’n beter wedstryd gevra het nie,” sê Anisimova.

“Ek is baie gelukkig en opgewonde oor die volgende ronde. Ek gaan net speel. Daar is geen druk nie.

“Hopelik kan ek goed speel.”

Die Amerikaner Madison Keys moet nog teen Ashleigh Barty van Australië speel.

Die Brit Johanna Konta en Marketa Vondrousova van die Tsjeggiese Republiek het reeds hul plek in die halfeindronde bespreek. – Reuters

Meer oor:  Simona Halep  |  Amanda Anisimova  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.