Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Taai terugkeer wag op Roger Federer

Roger Federer gaan met sy terugkeer tot die tennisbaan ná langer as ’n jaar volgende week in Doha in die Katar Ope teen Daniel Evans of Jeremy Chardy in die tweede ronde te staan kom.

Roger Federer in Februarie verlede jaar in Kaapstad in aksie in die Match in Africa-vertoonwedstryd teen Rafael Nadal. Foto: Gallo Images

Dié driemalige wenner in Doha en 20-malige Grand Slam-wenner is tweede gekeur en het ’n loslootjie in die eerste ronde. Hy was in 2012 laas in dié toernooi in aksie.

’n Taai tweede ronde wag op die 39-jarige Federer.

Die Fransman Chardy en Evans, ’n Brit, het goeie vertonings agter die rug.

Evans het een van die opwarmingstoernooie in Melbourne voor die Australiese Ope gewen en tot 26ste – sy beste nóg – op die wêreldranglys geklim.

Chardy het Federer ’n keer in 2014 op klei in Rome verras. Hy het Andrey Rublev Vrydag in Rotterdam in drie stelle laat sweet en het vanjaar al twee halfeindstryde gehaal.

Federer se knieprobleme het hom 14 maande van die baan gehou. Sy laaste amptelike wedstryd was met verlede jaar se halfeindstryd in die Aussie Ope, waar Novak Djokovic hom geklop het.

Federer het volgens tennisworldusa.org in Februarie en weer in Mei verlede jaar operasies ondergaan en besluit om vir die res van die jaar ’n ruskans te neem.

Dominic Thiem is die topgekeurde in Doha. – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Katar-Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.