Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tart Kyrgios vir pasgetroude Nadal?

Nick Kyrgios het ’n video op Instagram gedeel wat sy vete met Rafael Nadal selfs verder kan aanblaas.

Nick Kyrgios (regs) en Rafael Nadal tydens hul wedstryd by Wimbledon in Julie. Foto: Getty Images

Die Aussie het op bedenklike wyse slegs ’n dag nadat Nadal en sy meisie van 14 jaar, Xisca Perelló, op die Spaanse eiland Mallorca getroud is, ’n nare voorval by vanjaar se Wimbledon herroep.

Kyrgios het die beeldmateriaal gedeel van ’n voorhandhou wat hy met opset na Nadal gemik het in hul venynige kragmeting in die tweede ronde by die All England Club in Julie. Hy het boonop die woord “bui” en ’n emotikon van ’n apie wat sy hande oor sy oë vou, saam met die video geplaas.

View this post on Instagram

Mood ??

A post shared by NK (@k1ngkyrg1os) on

Nadal het geseëvier in dié wedstryd waar Kyrgios gestraf is vir onsportiewe gedrag, terwyl die Aussie ná die kragmeting geweier het om jammer te sê.

“Ek het vir hom gemik. Ja, ek wou hom vierkantig op die bors tref,” het Kyrgios destyds gesê.

“Hoekom sou ek jammer sê? Ek bedoel, die ou het al hoeveel Grand Slam-titels gewen, hoeveel geld is in sy bankrekening?

“Ek dink hy kan ’n hou op die borskas vat, ou. Ek gaan glad nie vir hom om verskoning vra nie.”

Rafael Nadal (33) en sy meisie van 14 jaar, Xisca Perelló (31), is die naweek op die Spaanse eiland Mallorca getroud. Foto: Getty Images

Nadal het gesê hy was nie bekommerd vir sy veiligheid nie toe die bal teen ’n hoë spoed in sy rigting trek, maar was bang vir omstanders indien die bal van koers verander het.

Hy het volgehou al wat Kyrgios skort om ’n kampioen te word is respek vir die sport.

“Hy het ’n klompie goeie bestanddele. Maar, natuurlik, daar is altyd die belangrike een, en dit is liefde, geesdrif vir hierdie spel.

“Dit is moeilik om te presteer as jy nie werklik lief is vir hierdie sport nie.”

* Kyrgios het ook Donderdag uitgevaar teen die Noorweegse tennisspeler Casper Ruud.

Die vurige Aussie het gereageer op uitlatings wat Ruud gemaak het in onderhoud met die Sweedse tenniswebblad Tennisportalen oor hul wedstryd in Rome in Mei. Kyrgios is in die kragmeting gediskwalifiseer nadat hy ’n stoel op die baan gegooi het.

Ruud het onder andere gesê Kyrgios is “totaal en al mal” en dat hy hom soos ’n “swaap” op die baan gedra.

“Luister @CasperRuud98, volgende keer as jy iets te sê het, sal ek waardeer as jy dit vir my aangesig tot aangesig sê, ek is seker jy sal daarna nie meer so grootmond wees nie,” sê Kyrgios op Twitter.

“Tot dan sal ek verkies om te kyk hoe verf droog word eerder as om jou op die tennisbaan dop te hou, vervelig soos niks.

“Maar weer eens, ek verstaan hoekom jy my naam in jou mond moet hou, want mense weet nie eens jy speel tennis nie . . . sterkte vir Milan, kampioen.”

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Casper Ruud  |  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.