Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Teleurgestelde Thiem: ‘Ek is nie ’n robot’
Grigor Dimitrov het vir ’n groot opskudding in die Australiese Ope gesorg. Foto: Getty Images

Bulgarye se Grigor Dimitrov het vir een van die groot skokke in vanjaar se Australiese Ope gesorg deur verlede jaar se verslane finalis Dominic Thiem Sondag in skoon stelle te klop.

Die 18de gekeurde Bulgaar het die derde gekeurde Thiem van Oostenryk met 6-4, 6-4, 6-0 uitgeskakel.

Die 29-jarige Dimitrov het met sy derde agtereenvolgende sege oor Thiem sy vierde kwarteindstryd in Melbourne gehaal.

Thiem, wenner van verlede jaar se Amerikaanse Ope, het 41 ongedwonge foute begaan.

Thiem se vorige wedstryd teen die Nick Kyrgios, ’n uitmergelende wedstryd van vyf stelle waarin hy die eerste twee verloor het, het duidelik sy tol geëis.

Thiem het sonder om uit te brei, erken hy het “fisieke probleme” ondervind.

“Ek wil nie enige verskonings maak nie. Maar ek is ook nie ’n masjien nie. Ek sou soms een wou wees, maar daar is regtig, regtig baie slegte dae.

Ek wil nie enige verskonings maak nie. Maar ek is ook nie ’n masjien nie. Ek sou soms een wou wees, maar daar is regtig, regtig baie slegte dae.
Dominic Thiem

“Die oomblik wanner jy nie 100% daar op die baan is nie, gebeur iets soos dié,” Het Thiem oor sy slegte dag op kantoor gesê.

Die Oostenrykse speler het in die eerste én tweede stel elke keer met 3-1 voorgeloop, maar kon nie daarop voortbou nie.

“Ek dink hy het dalk met iets gesukkel, ek nie weet nie wat nie, maar ek wil myself ook krediet gee dat ek regdeur die drie stelle gefokus gebly het. Hy is ’n ongelooflike speler,” het Dimitrov agterna gesê.

Sy volgende teenstander is Aslan Karatsev, ’n kwalifiseerder van Rusland.

Karatsev het sy plek in die kwarteindstryd bespreek deur Kanada se Felix Auger-Aliassime Sondag met 3-6, 1-6, 6-3, 6-3, 6-4 te verras.

Die 27-jarige Karatsev is die eerste speler sedert Alex Radulescu in 1996 op Wimbledon, wat in sy Grand Slam-buiging die kwarteindronde gehaal het.

Die vorige keer wat ’n mansspeler, wat vooraf moes kwalifiseer, die kwarteindronde van ’n Grand Slam-toernooi gehaal het, was in 2011 toe Bernard Tomic dit by Wimbledon reggekry het.

Dit sal Karatsev, 114de op die ranglys, se eerste ontmoeting met Dimitrov wees.

Die sesde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland het ook die kwarteindronde gehaal.

Novak Djokovic se verband waarmee hy gespeel het, is hier te sien. Foto: Getty Images

Die finalis van die Amerikaanse Ope verlede jaar het 15 kishoue geslaan in sy sege met 6-4, 7-6(5), 6-3 oor Dušan Lajovic van Serwië. Die was die Duitser se 50ste Grand Slam-wedstrydoorwinning.

Hy speel nou in die kwarteindstryd teen Novak Djokovic, wat met ’n spierbesering en al met ’n verstommende vertoning Sondag teen Milos Raonic vorendag gekom het om sy aanslag op ’n negende titel lewendig te hou.

Die eerste gekeurde Serwiër het die Kanadees met 7-6(4), 4-6, 6-1, 6-4 verslaan.

Djokovic (33) het ná die tyd in sy onderhoud op die baan gesê as dit enige ander toernooi was en nie ’n Grand Slam-toernooi nie, sou hy hom onttrek het.

“Ek het nie juis enige voorbereiding vir die wedstryd gehad nie. Ek het elke moontlike uur ná my vorige wedstryd net probeer herstel om my reg te kry om dalk te kan speel. My fisioterapeut het ’n uitstekende taak verrig,” sê die verdedigende kampioen.

Hy het onthul hy was Sondag voor sy opwarming nog nie seker of hy gaan speel nie.

“Dit (die beseerde spier) was reg toe ek opgewarm het, maar die pyn het gekom en gaan tydens die wedstryd.”

Die beseerde spier was reg toe ek opgewarm het, maar die pyn het gekom en gaan tydens die wedstryd.
Novak Djokovic

Djokovic sê Zverev sit met ’n soortgelyke besering.

Hy het hul vorige vier wedstryde gewen, wat onlangse seges in die jaareindtoernooi in Londen en ’n wedstryd in die spantoernooi om die ATP-beker in Melboure insluit.

Bykomende bronne: ausopen.com, atptour.com

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Dominic Thiem  |  Grigor Dimitrov  |  Melbourne  |  Australie  |  Tennis  |  Besering  |  Grand Slam  |  Aussie Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.