Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennis kry swaar, sê Aussie Millman

John Millman is bekommerd dat tennis weens die uitbreek van die koronavirus meer as ander sportsoorte kan ly.

“Ek kan eenvoudig nie sien hoe ons gou weer sal kan tennis speel nie,” sê hy.

John Millman. Foto: Getty Images

Weens pogings om die verspreiding van die koronavirus te beheer, sal daar op die vroegste eers weer teen 8 Junie tennis gespeel kan word.

Millman meen egter dat die gedwonge breek as gevolg van tennis se globale logistieke langer kan wees.

“Ons sal in terme van ons herstelproses baie verenig moet wees voor ’n toer kan voortgaan,” het die Aussie aan AAP gesê.

“Miskien is die Covid-19-situasie onder beheer in die land waar die toernooi gespeel gaan word, maar as iemand van sê maar Suid-Amerika invlieg en sy land het nie dinge onder beheer nie, kan die toernooi nie voortgaan nie.”

Dis byna asof ons eers ’n entstof moet hê of dat die virus uitgewoed moet wees voor daar enige lig in die tonnel sal wees.
John Millman

Volgens hom kan jy nie die toernooi laat voortgaan as net sekere spelers daar kan uitkom nie.

“Dis byna asof ons eers ’n entstof moet hê of dat die virus uitgewoed moet wees voor daar enige lig in die tonnel sal wees,” sê Millman.

“Dis ’n kwessie van probeer fiks bly en deurskraap terwyl daar nie baie inkom nie.

“Jy is daaraan gewoond dat daar ’n bietjie geld inkom en dis natuurlik nie nou meer die geval nie.

“Ja, dis moeilik. Maar ek wil nie ’n tranetrekker wees nie, want ek weet daar is baie meer mense wat dit moeiliker as ek het.” – Team Talk

Meer oor:  Tennis  |  John Millman  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.