Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Tennis moet beleid hê oor gesinsgeweld’
Olga Sharypova, Alexander Zverev se eksmeisie, beweer hy het haar mishandel. Foto: Getty Images

Andy Murray, ’n voormalige wêreldnommereen, het hom by Novak Djokovic aangesluit en ’n beroep op die ATP-reeks gedoen om ’n beleid te formuleer oor gesinsgeweld.

Sy pleidooi volg ná aantygings teen die Duitser Alexander Zverev deur sy eksmeisie Olga Sharypova.

Sharypova, ’n voormalige tennisspeler, het in ’n onderhoud gesê Zverev het haar emosioneel en fisiek mishandel. Die Amerikaanse Ope-finalis het die aantygings herhaaldelik ontken.

Die ATP het in ’n vertraagde verklaring op die aantygings teen Zverev gereageer en gesê hy “veroordeel enige vorm van mishandeling”.

Sharypova en Zverev in gelukkiger dae. Foto: Getty Images

Djokovic, wat vroeër vanjaar as die voorsitter van die ATP se spelersraad bedank het, het verlede week gesê die beheerliggaam moet oorweeg om sy eie beleid rakende gesinsgeweld te formuleer, soortgelyk aan dié in Amerikaanse sport, ongeag regsverrigtinge.

“Ek weet nie hoe lank hulle gevat het nie, maar dit was beslis nie dadelik nie,” sê Murray, ’n wenner van drie Grand Slam-titels, oor die ATP se reaksie jeens die Zverev-kwessie.

“Maar ek het ’n paar dinge gelees en uiteraard het tennis nie ’n beleid oor gesinsgeweld nie.

“Dit is iets waarna ons sport moet kyk sodat die ATP weet wat om in sulke situasies te doen, eerder as om te dink en te reageer daaroor.

“Hulle kan ’n bietjie meer proaktief wees in situasies soos daardie. Hulle moet dit in ’n baie ernstige lig beskou en sien wat in die volgende maande gebeur.”

– Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Gesinsgeweld  |  Tennis  |  Atp  |  Alexander Zverev  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.