Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
TSA stel SA junior kam-pioenskappe uit

Tennis Suid-Afrika (TSA) het Maandag die Suid-Afrikaanse junior tenniskampioenskappe, wat jaarliks in Bloemfontein gehou word, uitgestel.

Delien Kleinhans sal haar SA o.18-titel eers later vanjaar kan verdedig. Foto: TSA

Die toernooi sou van 26 tot 31 Maart plaasgevind het.

TSA het Maandag aangekondig dat alle toernooie in die land onder sy vaandel tot 20 April opgeskort is.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa die maatreëls betreffende die Covid-19-pandemie, wat ook ’n nuwe skoolvakansie behels, aangekondig het.

Ramaphosa het onder meer die samekoms van groepe van meer as 100 mense verbied.

Verlede jaar was daar 631 inskrywings en in 2018 697 inskrywings vir die nasionale juniorkampioenskappe.

TSA sê in ’n verklaring hy hoop om soveel as moontlik van die opgeskorte toernooie later vanjaar te herskeduleer. – Johann de Jager

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.