Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kleibaan-seisoen bly in slag
Vanjaar se kleibaanseisoen bly in die slag. Foto: Getty Images

Die ATP en WTA, die beheerliggame van mans- en vrouetennis, het die opskorting van hul onderskeie seisoene weens die Covid-19-pandemie tot 7 Junie verleng.

“Die beroepseisoen is nou uitgestel tot 7 Junie 2020, wat die ATP Challenger Tour-reeks en die ITF (Internasionale Tennisfederasie) World Tennis Tour-reeks insluit,” sê die ATP en WTA in ’n gesamentlike verklaring.

Die aankondiging kom ’n dag nadat die Franse Ope tot September uitgestel is en beteken die Europese kleibaanseisoen sal nie vanjaar plaasvind nie.

Die ATP- en WTA-reeks was aanvanklik onderskeidelik tot 27 April en 2 Mei opgeskort.

Die verlenging bring ’n einde aan die gesamentlike toernooie in Madrid en Rome, plus WTA-toernooie in Strasbourg en Rabat en ATP-toernooie in Munich, Estoril, Genève en Lyon.

“Dit is vir ons sport belangriker as ooit om in hierdie tye saam te trek en soveel moontlik sekerheid te verskaf aan diegene wat beïnvloed word deur die uitstellings,” sê David Haggerty, president van die ITF.

“Ons besef die groot impak van die besluit, maar uiteindelik is die gesondheid en veiligheid van ons spelers, beamptes en toeskouers ons eerste prioriteit.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.