Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennisbase skaaf verder aan Davisbeker

Die Davisbeker-eindtoernooi sal vanjaar oor 11, plaas van sewe dae, gehou word en die kans is goed dat wedstryde in drie verskillende stede aangebied sal word, het die Internasionale Tennisfederasie (ITF) Maandagaand bevestig.

Rafael Nadal vier Spanje se verowering van die Davisbeker in 2019 in Madrid. Foto: Getty Images

Dié veranderinge, wat deur die Davisbeker-kompetisie se finansiële vennoot (die Spaanse beleggingsmaatskappy Kosmos Tennis) voorgestel is, is deur die ITF se raad bekragtig.

Kosmos Tennis gaan ’n allemintige $3 miljard oor 25 jaar in Davisbeker-tennis pomp.

Vanjaar se toernooi is vir 25 November tot 5 Desember geskeduleer.

Madrid het in 2019 die eerste weergawe van dié tradisieryke spankompetisie se nuwe formaat aangebied.

Die ITF het ook bevestig dat die spanne vir die eindtoernooi van volgende jaar af van 18 tot 16 verminder sal word.

“Ons wil dit (die eindtoernooi) beter vir die spelers, spanne en toeskouers maak,” het Kris Dent, die ITF se senior uitvoerende direkteur vir beroepstennis, aan Reuters gesê.

“Mense hou van die idee dat die beste spanne in die wêreld bymekaar kom in een toernooi, maar sewe dae – veral omdat dit die dag ná die ATP-eindtoernooi begin – is net nie realisties nie en daarom glo ons dié veranderinge sal die kompetisie beter maak.

Die Davisbeker-kompetisie, wat al vir 121 jaar aangebied word, het in 2019 ’n dramatiese verandering ondergaan toe die seisoen lange tuis-en-weg-formaat vervang is met ’n Wêreldbeker-tipe-eindtoernooi, waar 18 spanne in ’n week mekaar in Madrid se Caja Magica-stadion die stryd aangesê het.

Hoewel daar lof was vir dié toernooi, waarin Rafa Nadal Spanje voor sy tuisskare tot ’n oorwinning in die eindstryd oor Kanada gelei het, was daar ook baie logistieke kopsere.

Dit was bitter moeilik om 25 kragmetings, wat twee enkelspel- én ’n dubbelspel-stryd ingesluit het, in sewe dae op slegs drie bane aan te bied. Een kragmeting, tussen Amerika en Italië, het byvoorbeeld eers 04:00(Spaanse tyd) klaargemaak.

Albert Costa, die Davisbeker-toernooi-direkteur, glo deur die wedstryde nou oor 11 dae te versprei en ook meer stadions te gebruik, sal dié probleme wat in 2019 ervaar is, opgelos word.

’n Bodproses, wat tien weke sal duur, het Maandag begin vir Europese stede wat die Davisbeker-eindtoernooi saam met Madrid wil aanbied. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Davisbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.