Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennisskorsing: ‘Dit was die vleis se skuld’

Robert Farah, wat verlede jaar saam met sy landgenoot Juan Sebastian Cabal die Wimbledon- en Amerikaanse Ope-dubbelspeltitel verower het, mag eersdaags weer na die baan terugkeer nadat sy skorsing vir die gebruik van ’n verbode middel teruggetrek is.

Die Colombiaanse dubbelspel-ster Robert Farah se skorsing is teruggetrek. Foto: Getty Images

Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) het in Januarie aangekondig Farah is geskors nadat hy in Oktober 2019 positief getoets het vir die anaboliese steroïed boldenoon.

Farah het egter volgehou hy is onskuldig en volgens hom het die Colombiaanse Olimpiese Komitee in 2018 bevind dat dié middel gereeld in Colombiaanse vleis voorkom en gevolglik sportlui se opkikkertoetse nadelig kan raak.

Die ITF het die 33-jarige Farah se verduideliking aanvaar en in ’n verklaring gesê dat die positiewe uitslag nie aan sy nalatigheid of oneerlikheid te wyte was nie.

Farah se terugkeer is egter daaraan onderhewig dat die Wêreldagentskap teen verbode middels (Wada) ook die ITF-besluit goedkeur. Sou Wada appèl aanteken daarteen, sal Farah se skorsing vir eers van krag bly.

– TeamTalk

Meer oor:  Itf  |  Verbode Middels  |  Tennis  |  Skorsing  |  Robert Farah  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.