Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Speler beboet oor hy nie masker wou dra

Die Amerikaanse tennisspeler Christian Harrison is met meer as R45 000 deur die ATP beboet nadat hy geweier het om deel te neem aan ’n verpligte onderhoud op die baan tydens die Delray Beach-ope, aangesien dit van hom sou vereis het om ’n masker te dra.

Dié kwalifiseerder, 789ste op die wêreldranglys, het die eerste gekeurde Cristian Garin van Chili Saterdag met 7-6(3) 6-2 geskok. Dit was sy eerste sege oor ’n speler in die top-50 op die wêreldranglys.

Die Amerikaanse tennisspeler Christian Harrison. Foto: Getty Images

Hy het besluit om nie ’n masker te dra ná sy oorwinning nie en geweier om die gebruiklike TV-onderhoud op die baan te doen.

Die 26-jarige Harrison het verlede week op sosiale media mond uitgespoel oor die dra van maskers.

“Gesond genoeg om wedstryde van drie uur te speel. Maar ek is absoluut ’n veiligheidsrisiko as ek sonder ’n masker deur ’n restaurant stap,” het hy gesê.

Harrison het intussen Maandag sy eerste halfeindronde in ’n ATP-toernooi gehaal toe hy ook met Gianluca Mager met 7-6(2), 6-4 afgereken het.

Hy het ná dié wedstryd wel ’n masker aangehad met sy onderhoud op die baan.

Hy het later op Instagram gesê hy het nie geweet dis verpligtend om een te dra met televisie-onderhoude nie.

Hy het bygevoeg dat die ATP-toesighouer hom meegedeel het dat die boete opgehef sal word as hy appelleer en belowe om die reëls van die toernooi te volg, selfs al stem hy nie daarmee saam nie.

“Dis nie gesond om ’n masker in die warm son vir ’n langer tyd as wat absoluut nodig is ná ’n taai wedstryd te dra nie. Ek is die indruk gegee dis opsioneel. Daar is nie vir my gesê dat ek beboet sou word nie,” sê Harrison.

“Dit gaan nie oor veiligheid as jy ’n masker moet dra om met ’n mikrofoon te praat, met niemand in die omgewing nie.

“Dit dra nie my steun weg om mense te laat maskers dra ter wille van dit wat op TV gesien word nie.”

• Harrison speel Dinsdagaand (SA tyd) in die halfeindronde teen die vierde gekeurde Hubert Hurkacz van Pole. – Reuters

Meer oor:  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.