Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sousa trek kleinkoppie oor Covid-protokol

Die streng Covid-19-protokol vir deelnemers aan die Australiese Ope het die Portugese tennisspeler Joao Sousa laat besluit om nie die reis na Melbourne aan te pak nie.

Die Covid-19-protokol vir deelnemers aan die Australiese Ope, het die Portugees Joao Sousa laat besluit om tuis te bly. Foto: Getty Images

Daar word van spelers, wat in aksie by die toernooi gaan wees wat op 8 Februarie begin, verwag om 14 dae in kwarantyn te wees met hul aankoms in Australië. Tans is daar 72 spelers wat in hul hotelkamers sit, nadat daar positiewe gevalle op die vliegtuie was wat hulle Doer Onder geneem het.

Sousa (31) het onlangs positief vir Covid getoets, maar het sedertdien negatief getoets en is asimptomaties.

“Hoewel ek reeds negatief getoets het en geen simptome toon nie, sal ek weens die streng reëls van die Australiese regering nie reis nie,” sê Sousa.

Hy is nie die enigste speler wat die Australiese Ope weens die virus gaan misloop nie. Die Brit Andy Murray het hom ook onttrek, nadat hy onlangs Covid-19 opgedoen en in selfisolasie by sy huis naby Londen in die Verenigde Koninkryk is. – Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.