Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennisster gekap oor sy inenting kry
Victoria Azarenka laat haar nie onderkry deur kritiek nadat sy teen Covid-19 ingeënt is nie. Foto: Getty Images

Victoria Azarenka, wenner van twee Grand Slam-titels, het haar reg om te kies verdedig nadat sy deur ’n aanhanger op sosiale media gekritiseer is omdat sy teen Covid-19 ingeënt is.

SkySport berig die Belarus, 15de op die wêreldranglys, het haar aan vandeesweek se WTA-toernooi in Stuttgart onttrek om haar inenting te kry. Sy het foto’s van haar besoek aan ’n kliniek op Instagram gedeel.

’n Aanhanger wat teen inentings gekant is, het Azarenka se besluit gekritiseer en beweer die inspuiting is onveilig en onnodig. Die wenner van die Australiese Ope in 2012 en 2013 het haar egter nie daardeur laat onderkry nie en sê as diegene wat gekant is teen inentings hul reg om te kies mag verdedig, kan hulle nie mense kritiseer wat kies om dit te ontvang nie.

“Hoekom het mense ’n probleem met ander mense se keuses wanneer dit nie met hul oortuigings ooreenstem nie?” vra sy.

“Ek het niemand gemaan om ingeënt te word nie. Ek het gesê wat ek doen, volgens my kennis en oortuigings, is die regte besluit vir my.”

Inentings is vanjaar ’n verdelende onderwerp in tennis. Sommige topspelers soos Andrey Rublev en Elina Svitolina is uitgesproke oor die feit dat hulle daarteen gekant is.

Die ATP en WTA beloon spelers wat die entstof kry deur hulle aan ’n korter kwarantyntydperk en minder beperkende veiligheidsmaatreëls by toernooie te onderwerp. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19  |  Victoria Azarenka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.