Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep skenk geld vir stryd teen Covid-19
Simona Halep is die wenner van twee Grand Slam-titels. Foto: Getty Images

Die Wimbledon-kampioen Simona Halep skenk fondse vir mediese toerusting in Roemenië terwyl haar tuisland ’n stryd voer teen die Covid-19-pandemie.

Halep (28), tweede op die wêreldranglys, sê in ’n video op Facebook sy hoop om hospitale in Boekarest en Constanta te help en moedig mense aan om die riglyne van selfafsondering te volg.

Sy het ook in Januarie op ’n unieke manier geld geskenk aan die Australiese veldbrand-noodlenigingsfonds. Halep het $200 beloof vir elke keer wat sy Darren Cahill, haar afrigter, “ ’n moeilike tyd gee tydens wedstryde” en uiteindelik ’n totaal van $20 000 (sowat R300 000) vir die fonds ingesamel.

“Ongelukkig beleef ons ’n moeilike tydperk wat ’n mens jou skaars ’n maand terug kon indink,” sê die Roemeniër.

“Maar dit bied aan ons die perfekte geleentheid om te bewys ons weet hoe om ondersteunend en verantwoordelik met ons lewens te wees en diegene rondom ons.

“Terwyl ons by die huis sit maak dokters en mediese personeel ’n groot poging om mense te behandel en lewens te red deur hulself bloot te stel vir ander se onthalwe.

“Kom ons volg nouliks die aanbevelings van die owerhede. Sodoende kan ons bydra om hierdie probleem van die natuur, wat so ’n dramatiese impak op ons lewens het, op te los.

Sowat 200 mense is in Roemenië met die koronavirus besmet, maar daar was nog geen sterftes nie.

“Kom ons almal versorg onsself, wees verantwoordelik en positief! Mag God ons bystaan!” sê sy.

Die WTA het vrouetennis tot minstens 2 Mei afgelas.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Simona Halep  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.