Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennisster ‘uit veld geslaan’ met toets
Dayana Yastremska is uit die veld geslaan nadat sy positief vir verbode middels getoets is. Foto: Getty Images

Die Oekraïense tennisster Dayana Yastremska, 29ste op die wêreldranglys, is voorlopig geskors vir die gebruik van verbode middels.

Volgens die Internasionale Tennisfederasie (ITF) het die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) ’n verbode middel in Yastremska se urinemonster gevind.

Yastremska (20) het die monster in November verskaf en ’n Wada-laboratorium in Montreal, Kanada, het mesterolone metaboliet, ’n anaboliese ensiem op sy lys van verbode middels, daarin gevind.

“Yastremska word aangekla van ’n oortreding van reël 2.1 en is van 7 Januarie voorlopig geskors,” sê die ITF in ’n verklaring.

“Sy het die reg om by die voorsitter van die onafhanklike tribunaal aansoek te doen dat haar voorlopige skorsing nie deurgevoer moet word nie. Sy het egter tot dusver besluit om nie die reg uit te oefen nie.”

Yastremska ontken dat sy opkikkers gebruik het. Sy glo die positiewe toets is die gevolg van ’n “besmettingsvoorval”.

“Ek is geskok en uit die veld geslaan veral omdat ek twee weke voor hierdie toets by die WTA-toernooi in Linz negatief getoets is,” sê sy in ’n verklaring.

“Dit was my laaste toernooi van die jaar. Ek het toe ophou oefen om te rus voor die begin van die nuwe seisoen.”

– Reuters

Meer oor:  Itf  |  Verbode Middels  |  Tennis  |  Wada  |  Opkikkers  |  Dayana Yastremska
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.