Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennistoernooi gou in Oos-Londen gehou
Chanel Simmonds is een van die top-spelers wat in Oos-Londen in aksie gaan wees. Foto: Gallo Images

Die land se beste tennisspelers kan nou inskryf vir die Kaya Majeke Sport Premier-uitdaagtoernooi, wat van 29 Januarie tot 3 Februarie in Selbourne Park in Oos-Londen gehou gaan word.

Albei geslagte sal in vier ouderdomskategorieë, naamlik o.12, o.14, o.16 en ’n ope-afdeling meeding.

’n Totale prysgeld van R120 000 is op die spel met die enkelspelwenners van die ope-afdelings vir mans en vroue wat elkeen R20 000 sal kry.

Chanel Simmonds, die land se voorste vroue-speler, is tans op toer in Egipte, maar sal glo in Oos-Londen in aksie wees.

Ander top-spelers wat aan die toernooi gaan deelneem, sluit in Alec Beckley, Lwazi Ngwenya en Johan Coetzee.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Januarie.

• Besoek TSA se webtuiste vir besonderhede. - Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Oos-Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.