Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem bederf verjaardagseun Marin se dag

Praat van iemand se kersies uitblaas!

Dominic Thiem lig tevrede sy duim in die lug nadat hy Marin Cilic Maandag in die eerste ronde van die Franse Ope uitgeskakel het. Foto: AP

Die Oostenryker Dominic Thiem het Marin Cilic se 32ste verjaardag Maandag liederlik bederf toe hy hom in die eerste ronde van die Franse Ope in skoon stelle uitgeboender het.

Die nuutgekroonde Amerikaanse Ope-kampioen het Cilic binne net 126 minute met 6-4, 6-3, 6-3 uit sy pad gerol om sy veldtog vir ’n derde agtereenvolgende Franse Ope-eindstryd op koers te kry. Dit was die tweede keer in 22 dae dat hy die Kroaat laat frons het, nadat hy hom ook vroeër vanjaar in die derde ronde van die Amerikaanse Ope sy tasse laat pak het.

Waar Cilic darem toe ’n stel kon wen, het hy dié keer met leë hande weggestap.

Op papier was hierdie ’n liplekker stryd tussen twee New York-temmers (Cilic het die Amerikaanse Ope in 2014) gewen), maar op die klei was dit ’n ander storie.

Nie een van die twee was op hul heel beste nie en albei het hul eerste afslaanpot van die wedstryd verloor, maar dit was Thiem wat dit beter verwerk het en die kitaar uiteindelik met oorgawe geslaan het.

Cilic was sy eie grootste vyand, met 43 ongedwonge foute in die drie stelle van die wedstryd. Hy het twee keer op Thiem se afslaan deurgebreek, maar die momentum keer op keer terug in die Oostenryker se hande besorg met onnodige blapse.

Thiem was wel ook nie foutbestand nie en het soos Cilic met ’n groter syfer in die foute-kolom as die wenhou-kategorie geëindig. Die verskil was dat sy kopskud-oomblikke (21 van hulle) nie net veel minder was nie, maar ook in minder kritieke stadiums van die wedstryd.

Hy het ook 17 wenhoue geslaan, teenoor Cilic se 24.

Meer oor:  Marin Cilic  |  Dominic Thiem  |  Franse Ope  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.