Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem fokus nou op majors, nie Spele

Dominic Thiem het hom aan die Olimpiese Spele onttrek.

Dominic Thiem sê hy voel nie gereed om sy beste by die Olimpiese Spele te lewer nie. Foto: Getty Images

Die Oostenrykse tennisster sê hy voel nie gereed om sy beste in Tokio te lewer nie, maar sien daarna uit om in Wimbledon te speel en later vanjaar sy Amerikaanse Ope-titel te verdedig.

Thiem, vyfde op die wêreldranglys, beleef ’n aaklige seisoen met ’n wenrekord van 9-8 in 2021. Thiem, wat eindstryd van die Franse Ope in 2018 en 2019 gehaal het, is vanjaar in die eerste ronde by Roland Garros uitgeboender.

Die 27-jarige Thiem sê hy het sy situasie met sy span bespreek en beskryf dit as ’n “baie moeilike besluit” om die Spele mis te loop.

“Vir my, soos alle sportlui, is dit ’n groot eer om my land by die Spele te verteenwoordig en dit maak die besluit selfs taaier. Maar 2021 het nie begin soos ek verwag het nie en ek voel nie gereed om my beste in Tokio te lewer nie,” sê Thiem.

“Ek het die afgelope twee weke hard geoefen en my kondisionering en konsentrasie is stadig maar seker aan die verbeter.

“My doel is om in die komende weke hard te werk, my beste te lewer by Wimbledon en hopelik my Amerikaanse Ope-titel suksesvol te verdedig.

Thiem het verlede jaar sy eerste Grand Slam-titel in New York verower om ’n einde te bring aan die oorheersing van die “Groot Drie” bestaande uit Novak Djokovic, Roger Federer en Rafa Nadal.

Thiem is die tweede speler onder die topvyf op die wêreldranglys om hom aan die Spele te onttrek nadat Nadal ook bevestig het hy gaan nie in Tokio in aksie wees nie.

Nadal (35) sal ook nie aan Wimbledon deelneem nie weens sy poging om sy loopbaan te verleng.

“Ek is jonk en ek hoop ek sal in staat wees om vir Oostenryk te speel by die Spele in Parys in 2024,” sê Thiem.

Novak Djokovic, wêreldnommereen, het aan die begin van die Franse Ope gesê hy sal dit oorweeg om die Spele mis te loop indien die sportskouspel van twee weke sonder toeskouers beslis word.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.