Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem uit toernooi in Parys
Dominic Thiem ná sy nederlaag in die Erste Bank Ope-kwarteindronde teen Andrey Rublev. Foto: Reuters

Blase op sy voet het die Oostenrykse tennisspeler Dominic Thiem genoop om hom aan dié week se Parys-meesterstoernooi te onttrek.

Thiem het las van blase op sy voet gehad tydens die Erste Bank Ope in Wene, waar hy in die kwarteindronde uitgeskakel is.

Die voorste speler ter wêreld, Novak Djokovic, het hom ook aan die toernooi in Parys onttrek.

Thiem gaan die blaaskans gebruik om te rus vir die ATP-jaareindtoernooi, wat van 15 tot 22 November in Londen gehou word.

Djokovic, die verdedigende kampioen in Parys, het hom aan dié toernooi onttrek aangesien hy geen ranglyspunte sal verloor nie, weens die gewysigde reëls vanweë die Covid-19-pandemie.

Rafael Nadal, die Franse Ope-kampioen, is die voorste gekeurde in Parys met die Griek Stefanos Tsitsipas as die tweede gekeurde.

Nadal sal sy veldtog in die tweede ronde teen Filip Krajinovic of Feliciano Lopez begin. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.