Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem oorheers; Vika pak Serena in New York
Dominic Thiem is die hoogste oorblywende gekeurde speler in die mansloting by die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images

Die tweede gekeurde Dominic Thiem was Woensdag uitstekend in sy oorwinning teen die Aussie Alex de Minaur met 6-1, 6-2, 6-4 om die halfeindronde van die Amerikaanse Ope te haal.

Die 27-jarige Oostenryker, die hoogste oorblywende gekeurde speler by Flushing Meadows, kom teen die Rus Daniil Medvedev te staan vir ’n plek in sy eerste Grand Slam-eindstryd.

Medvedev (derde), verlede jaar se naaswenner, het sy landgenoot Andrey Rublev met 7-6(8-6), 6-3, 7-6(7-5) geklop.

Die 24-jarige Medvedev, wat in 2019 se eindstryd deur Rafael Nadal getroef is, het vanjaar nog nie ’n stel in New York verloor nie.

In die afwesigheid van die Switserse legende Roger Federer en Nadal en die ander lid van die “Groot Drie”, Novak Djokovic, wat gediskwalifiseer is, sluit Medvedev hom aan in die halfeindronde by drie ander spelers wat nog nooit ’n Grand Slam-titel gewen het nie.

Thiem, Medvedev, Alexander Zverev (vyfde) en Pablo Carreno Busta (20ste) hoop dus almal om die eerste nuwe wenner van ’n major-titel te word sedert Marin Cilic by die VSA-ope in 2014.

• In die vroueloting het Victoria Azarenka die Belg Elise Mertens met 6-1, 6-0, oorrompel om haar plek teen Serena Williams in die halfeindronde te bespreek.

Victoria Azarenka / Foto: Getty Images

Die ongekeurde Azarenka het 21 wenhoue gemoker om Mertens (16de) ore aan te sit.

Die 31-jarige Belarus het verlede maand haar eerste titel in vier jaar verower by die Western & Southern-ope.

Dit is die eerste keer wat Azarenka, wenner van twee Grand Slam-krone, verby die kwarteindronde van ’n major-toernooi vorder sedert 2013. Dit was die einste Williams wat haar in die eindstryde in New York in 2012 en 2013 geklop het.

Die ander halfeindstryd word tussen Naomi Osaka (vierde) en Jennifer Brady (28ste) beslis.

Volledige uitslae.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.