Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dominic Thiem sit af op ’n wennoot
Dominic Thiem speel Sondag ’n hou terug na Stefanos Tsitsipas in die eerste wedstryd van die Jaareindtoernooi. Dit word sonder toeskouers in Londen beslis. Thiem was in drie stelle baas. Foto: AP

Die Oostenrykse tennisspeler Dominic Thiem het Sondag in die eerste wedstryd van die Jaareindtoernooi wraak geneem.

Hy het in ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd met Stefanos Tsitsipas, die verdedigende kampioen, afgereken.

Thiem het die Griekse speler in twee uur 17 minute met 7-6(5), 4-6, 6-3 geklop.

Hy loop nou met 5-3 voor in kragmetings met Tsitsipas.

Dit is sy vyfde verskyning in die Jaareindtoernooi wat nog vanjaar in Londen beslis word.

“Ek het die afgelope vier jaar ervaar hoe belangrik ’n goeie begin in die toernooi is en om jou eerste wedstryd te wen. Ek is tevrede dat ek dit kon doen,” het Thiem gesê.

12 maande nadat hy in Londen in die laaste stel in ’n valbylstryd die knie teen Tsitsipas gebuig het, het hy met sy voorarmhou beheer van die houeverwisselings geneem en in die beslissende stel ’n vroeë deurbraak bewerkstellig.

Thiem het dié seisoen ses van sy agt wedstryde teen spelers in die top tien gewen.

Dié toernooi is slegs Thiem se tweede binnenshuise toernooi vanjaar. Hy het verlede maand die kwarteindronde van die Erste Bank Ope in Wene, Oostenryk, gehaal.

Thiem en Tsitsipas is in dieselfde groep geloot as Rafael Nadal en Andrey Rublev. Hulle sou laat Sondagaand teen mekaar te staan gekom het.

Novak Djokovic en Diego Schwartzman pak mekaar Maandag om 16:00. Alexander Zverev en Daniil Medvedev speel om 22:00 (SA tyd). – nittoatpfinals.com

Meer oor:  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Londen  |  Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.