Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem spyt oor sy gedrag in Djokovic-reeks

Die wêreld se nommerdrie-tennisspeler, Dominic Thiem, het gesê hy’s “uiters jammer” oor die wyse waarop spelers soos hy hulle op Novak Djokovic se Adria-vertoonreeks gedra het.

Dít kom nadat vier spelers, Djokovic (die wêreld se voorste speler), Grigor Dimitrov, Borna Coric en Viktor Troicki almal positief getoets is vir die koronavirus.

Van gesonde afstande was daar nie sprake in die onlangse Adria-vertoonreeks in Serwië en Kroasië nie. Hier is Dominic Thiem (naaslinks, agter) saam met Dusan Lajovic (agter, links), Novak Djokovic, Grigor Dimitrov, Alexander Zverev en ’n groep jong ondersteuners. Foto: Reuters

Djokovic-hulle het onder groot kritiek deurgeloop omdat daar groot skares op dié toernooie in Serwië en Kroasië was, spelers mekaar omhels het en weg van die baan ook alle maatreëls oor gesonde afstande geïgnoreer het.

Thiem, ’n verslane finalis in vanjaar se Australiese Ope, het in die Belgrado-skof van die Adria-reeks gespeel en dit ook gewen.

Dié 26-jarige sê hy was “geskok” toe hy die nuus gekry het van die positiewe toetse.

“Ons het vir weke lank sonder ’n gehoor gespeel en was daarom baie bly om toeskouers op die toernooi (in Belgrado) te sien,” het Thiem op Instagram geskryf.

“Ons het die Serwiese regering vertrou wat sy koronavirus-reëls betref, maar ons was te optimisties. Ons gedrag was ’n fout. Ons het te eufories opgetree. Ek is uiters jammer daaroor,” het Thiem geskryf.

Hoewel die spelers geen regeringsprotokolle gedurende die Adria-reeks verbreek het nie, het dit die kollig weer helder laat skyn op die gesondheidsrisiko’s wat daar is wanneer sportlui van verskillende lande bymekaar kom en nie hou by maatreëls vir gesonde afstande nie, soos wat wêreldwyd die norm geword het te midde van die Covid-19-pandemie.

Thiem het nie in Zadar (Kroasië) gespeel waar die korona-bom die afgelope week gebars het nie, aangesien hy deelneem aan die Ultimate Tennis Showdown, ’n reeks wat naweke by die bekende afrigter Patrick Mouratoglou se akademie in Frankryk plaasvind.

“Ek is die afgelope tien dae nou al vyf keer vir die virus getoets en elke uitslag was negatief. Ek wens almal wat die infeksie opgedoen het ’n spoedige herstel toe,” het Thiem afgesluit. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Adria-Reeks  |  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Nick Kyrgios  |  Grigor Dimitrov
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.