Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem troef Djokovic in Londen

Dominic Thiem is die eerste speler om vir die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi te kwalifiseer nadat hy Dinsdag met Novak Djokovic afgereken het.

Dominic Thiem vier Dinsdag sy oorwinning oor Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Nittoatpfinals.com berig die vyfde gekeurde Oostenryker het die Serwiër, tweede op die wêreldranglys, met 6-7 (5/7), 6-3, 7-6 (7/5) in Londen se O2-arena geklop.

Djokovic speel Donderdag teen Roger Federer in hul laaste groepwedstryd en dié kragmeting sal bepaal watter speler hom by Thiem in die uitkloprondes aansluit.

Federer het vroeër sy hoop op ’n sewende jaareindtitel lewend gehou toe hy Matteo Berrettini van Italië in sy tweede wedstryd geklop het.

Federer, die derde gekeurde, het vergoed vir sy nederlaag Sondag in sy eerste wedstryd in die toernooi teen Thiem.

Die boonste twee spelers in elke groep ná die rondomtalie-rondes kwalifiseer vir Saterdag se halfeindstryde.

Die toernooi, wat vir die voorlaaste keer in Londen beslis word, plaas die agt beste manspelers in 2019 teen mekaar.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Atp  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.