Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Thiem ‘verstaan nie’ Paire se swak gedrag

Hoewel die Oostenrykse tennisster Dominic Thiem empatie het met spelers wat te midde van die Covid-19-pandemie sukkel om die sport te beoefen, keur hy geensins die omstrede Fransman Benoît Paire se gedrag goed nie.

Dominic Thiem (regs) en Benoît Paire se benadering jeens tennis in die Covid-19-era verskil hemelsbreed. Foto: Getty Images

Thiem (27), vierde op die wêreldranglys, sukkel self met lewe in die ATP-reeks se bioborrel, maar glo Paire se optrede is onvanpas.

Paire (31) wend geen poging aan om sy afkeer van die lewe op toer weens die pandemie weg te steek nie. Spelers se vryhede weg van die baan is erg beperk en toernooie vind sonder toeskouers plaas.

Hy het onlangs op Instagram gesê die ATP-reeks is “hartseer, vervelig en belaglik”. Hy het ook gesê hy is tevrede om in die eerste ronde van toernooi te verloor sodat hy uit die bioborrel kan ontsnap. Paire het tot dusver die seisoen nege van sy tien enkelspelwedstryde verloor.

“Uiteraard is sake nie maklik nie, die situasie is moeilik vir almal. Elke reis is ingewikkeld en die lewe in die bioborrel is glad nie pret nie,” sê Thiem.

“Ek verstaan hoe baie spelers voel, maar ek dink ook dit sal nie vir ewig so aanhou nie, dinge sal na normaal terugkeer.”

Thiem is gepols oor Paire, 35ste op die ranglys, se optrede en verskeie gevalle van onsportiewe gedrag.

“Nee, ek kan dit nie verstaan nie. As jy nie wil speel nie, bly tuis. As jy nie gemotiveerd is nie, dwing niemand jou om te speel nie,” sê die Oostenryker.

“Ek dink ek het die regte paadjie gestap: Ek het aftyd gevat, my aan drie of vier toernooie onttrek en mettertyd het die motivering teruggekeer. Wanneer jy meeding, moet jy altyd 100% lewer, al voel jy nie 100% nie. As jy nie wil speel nie, gaan eerder met vakansie.”

Paire sê op Twitter hy het geen probleem met Thiem nie, maar dat “almal verskillend mag dink en optree”.

“Ek moes werk sodat ek met ’n paar vakansies kan gaan. Goed om jou (Thiem) terug op die toer te sien.”

tennishead

Meer oor:  Tennis  |  Benoit Paire  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.