Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tiener speel klaar met Simona Halep

Sy het van haar eerste wedstryd af naby aan die afgrond gespeel en Donderdag is Simona Halep toe die deur gewys in die Franse Ope-tennistoernooi.

Amanda Anisimova het Donderdag ’n skokoorwinning oor Simona Halep, die verdedigende kampioen, in die kwarteindronde van die Franse Ope behaal. Foto: AP

Die 17-jarige Amanda Anisimova van Amerika het die verdedigende vrouekampioen in die kwarteindronde met 6-2, 6-4 verslaan.

Halep, die derde gekeurde, het daarna gemik om die eerste vrou te word wat haar titel behou sedert die Belg Justine Henin dit tussen 2005 en 2007 drie in ’n ry gemaak het.

Anisimova is die eerste speler wat in die 2000’s gebore is om die halfeindronde van ’n Grand Slam-toernooi te haal. Sy kan die eerste tiener word om die Franse Ope-trofee te lig sedert die Kroaat Iva Majoli dit in 1997 vermag het.

Anisimova se teenstander in Vrydag se halfeindronde is die Australiër Ashleigh Barty, wat Madison Keys van Amerika met 6-3, 7-5 geklop het.

Die 23-jarige Barty is die agtste gekeurde en sal in haar eerste Grand Slam-halfeindstryd speel.

“Dit is soveel meer as wat ek ooit kon vra. Dit is een van die beste wedstryde wat ek nog gespeel het,” het Anisimova ná die wedstryd gesê.

Die ander halfeindstryd is tussen Johanna Konta van Brittanje en die Tsjeg Marketa Vondrousova. – Reuters

Meer oor:  Simona Halep  |  Tennis  |  Amanda Anisimova  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.