Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tennis minder pret sonder ‘Groot Drie’

John McEnroe, wenner van sewe Grand Slam-titels, sê tennis se supersterre raak al hoe minder en dat toernooie sonder Novak Djokovic, Roger Federer en Rafael Nadal minder pret is.

John McEnroe is bekommerd oor tennis in die afwesigheid van die sport se supersterre. Foto: Getty Images

Die Miami-ope – wat Sondag voltooi is met Hubert Hurkacz as die kampioen – was die eerste ATP 1000-toernooi sonder enige lid van die “Groot Drie” sedert Parys in 2004.

“Die tenniswêreld se supersterre is besig om te verdwyn. Groot toernooie sonder Djokovic, Federer en Nadal is minder pret,” sê McEnroe.

Federer, wat in 2020 twee knieoperasies ondergaan het, het verlede maand sy terugkeer tot die ATP 250-toernooi in Doha gemaak. Hy het die kwarteindronde gehaal waar hy teen die uiteindelike kampioen, Nikoloz Basilashvili, verloor het.

Die 39-jarige Switser het besluit om Miami en die voorafgaande ATP 500-byeenkoms in Dubai mis te loop.

Nadal het hom aan Miami en die ATP 500-toernooi in Rotterdam in Maart onttrek. Hy sukkel met ’n rugbesering en wil ten volle herstel vir sy aanslag op die Europese kleibaanseisoen.

Die 34-jarige Spanjaard was sedert Februarie se Australiese Ope buite aksie waar hy in die kwarteindronde deur Stefanos Tsitsipas uitgeskakel is.

Djokovic het ook nie na Florida gereis nie om tyd saam met sy gesin deur te bring.

Die 34-jarige Serwiër was die laaste keer teen Daniil Medvedev in die eindstryd in Melbourne in aksie waar hy sy 18de Grand Slam-titel verower het.

* Die wêreld se voorste 45 tennisspelers gaan almal aan vanjaar se Madrid Ope deelneem, insluitend die “groot drie” van Djokovic, Nadal en Federer. Die Madrid Ope word van 2 tot 9 Mei in die Spaanse hoofstad beslis.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  John Mcenroe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.