Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Toeskouers op ‘60% kapasiteit’ vir Franse Ope
PARIS, FRANCE - JUNE 07: Fans are waiting as the c
Die Franse Ope is weens die Covid-19-pandemie uitgestel van sy normale tydgleuf in Mei-Junie na September. Foto: getty Images

Die toeskouergetalle by vanjaar se Franse Ope sal weens die Covid-19-pandemie op 60% van die normale kapasiteit wees, sê die organiseerders van Roland Garros.

Volgens die Franse tennisbaas Bernard Giudicelli sal ’n maksimum van vier mense op die hoofbane bymekaar mag sit, met ’n oop stoel tussen elke groep.

Op die ander bane sal een uit twee sitplekke leegstaan wanneer die toernooi op 27 September begin.

Giudicelli sê dit beteken ongeveer 20 000 toeskouers word verwag vir die eerste gedeelte van die kleibaan-Grand Slam van twee weke, met sowat 10 000 toeskouers op die dag van die eindstryd.

Daardie getalle kan verander indien die Franse regering sy maatreëls jeens sosiale afstand aanpas.

PARIS, FRANCE May 25. Bernard Giudicelli, Presiden
Bernard Giudicelli (links), grootbaas van die Franse Tennisfederasie. Foto: Getty Images

“Ons het vir die verantwoordelike opsie gegaan,” sê Giudicelli.

Gesigmaskers sal verpligtend wees vir mense aan die beweeg binne die gronde, terwyl dit ook aanbeveel word vir toeskouers in die paviljoen.

“Indien sake verbeter sal addisionele kaartjies beskikbaar gemaak word in September,” sê Giudicelli.

“As sake egter vererger en strenger maatreëls tree in werking, sal ’n loting gehou word om te bepaal watter kaartjies gekanselleer word.”

Volgens die Franse Tennisfederasie word die Covid-19-protokol vir spelers en personeel nog saamgestel.

Die Franse Ope is weens die Covid-19-pandemie uitgestel van sy normale tydgleuf in Mei-Junie na September.

Die Amerikaanse Ope word sonder toeskouers van 31 Augustus tot 13 September in New York beslis.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Covid-19  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.