Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tomic kap: ‘Ek stel my lewe in gevaar’

Die omstrede tennisspeler Bernard Tomic het vriend en vyand uit die veld geslaan toe hy die media te woord gestaan het nadat hy vir die Australiese Ope gekwalifiseer het.

Die omstrede Australiese tennisspeler Bernard Tomic. Foto: Getty Images

Die 28-jarige Aussie se talent op die baan het vir groot verwagtinge onder aanhangers van die sport gesorg, maar die belofte van ’n belowende loopbaan het mettertyd verdwyn weens sy stryd met persoonlike kwessies.

Hy het vandeesweek sy plek in die eerste Grand Slam van die jaar bespreek deur John-Patrick Smith in ’n kwalifiseringstoernooi in Doha met 6-4, 5-7, 7-6 (10-7) te klop. nine.co.au berig egter Tomic, 228ste op die wêreldranglys, was ontsteld toe joernaliste hom ná sy oorwinning vra of hy werklik nog die begeerte het om tennis te speel.

“Ek is in Doha, ek het my lewe in die gevaar gestel om hierheen te reis, my gesondheid, Covid-19 is op loop, baie siek, met baie dinge wat kan verkeerd loop,” sê Tomic.

“Dit is ’n risiko en tog speel ek en ding ek mee. Natuurlik wil ek aan die Australiese Ope deelneem, andersins sou ek my raket wegpak.

“Ek hoef nie weer tennis te speel nie, ek het genoeg geld, so hoekom vra jy my daardie vraag? Moenie vrae soos dit vra nie.

“Julle is die mense wat die nare goed oor my skryf. Ek het vir ’n Slam gekwalifiseer – waaroor moet julle dus skryf?

“Ek dink nie julle het my regverdig behandel die laaste vyf of tien jaar nie.

“Jy kan dit verdraai soos jy wil, maar jy kan nie die feit misken dat en vir ’n Slam gekwalifiseer het nie.

“As jy van my hou en ’n aanhanger is, skryf vleiend oor my.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Bernard Tomic  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.