Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tomic se meisie ‘met dood gedreig’

Die omstrede Aussie-tennisspeler Bernard Tomic se meisie, Vanessa Sierra, sê sy ontvang doodsdreigemente nadat sy gekla het oor die paartjie se kwarantyntoestande in ’n Melbourne-hotel in die aanloop tot die Australiese Ope.

Bernard Tomic en sy meisie, Vanessa Sierra. Foto: Instagram

Dié voormalige TV-werklikheidster het haar Maandag tot sosiale media gewend oor die “koue kos” wat in hul kwarantynhotel bedien word en gekla omdat sy haar eie hare moet was.

“Hierdie is die ergste deel van kwarantyn,” sê Sierra op haar YouTube-kanaal.

“Ek was nie my eie hare nie. Ek het nog nooit my eie hare gewas nie. Dit is eenvoudig nie iets wat ek doen nie. Onder normale omstandighede betaal ek haarkappers om dit twee keer per week vir my te doen.

“Hierdie is die situasie waarin ons onsself bevind. Ek kan nie wag om uit kwarantyn te kom nie sodat ek net my hare kan laat doen.”

Sierra se uitlatings is wyd veroordeel, met baie mense insluitende die uitgesproke Nick Kyrgios wat haar aangeraai het om dit in ’n ander perspektief te sien.

MailOnline berig Sierra het sedertdien bekendgemaak dat sy doodsdreigemente ontvang.

“Ek kry so baie doodsdreigemente weens die grappie oor my hare. Nie besef daar is so baie idiote in die wêreld nie,” sê sy op Instagram.

Sierra gee in haar ’n video ’n blik op lewe in kwarantyn saam met haar kêrel.

“Selfs al doen jy tuisoefeninge is ons redelik beperk wat spasie betref, so ons doen ’n bietjie joga net om nie mal te raak nie, maar andersins is ons nie vreeslik fisiek aktief nie,” sê sy.

Kyrgios tel onder talle wat hom oor Sierra uitgelaat het, terwyl hy ook Novak Djokovic gekritiseer het oor sy beweerde lys van eise vir spelers in kwarantyn.

Lees ook: Kyrgios rig sy visier op ‘lummel’ Djokovic

“Djokovic is ’n lummel,” sê Kyrgios, 47ste op die wêreldranglys, op Twitter.

“Ek het nie ’n probleem met Bernie nie, maar sy meisie beskik duidelik oor geen perspektief nie, belaglike tonele.”

Passasiers op drie huurvlugte na Melbourne is onder streng kwarantyn, insluitende 72 spelers wat vir 14 dae verbied word om buite hul kamers te oefen voor die eerste Grand Slam van die jaar op 8 Februarie begin.

Djokovic het aan Craig Tiley, grootbaas van Tennis Australië, geskryf met ’n lys “eise”, insluitende ’n vermindering van die verpligte 14 dae in isolasie en dat spelers na “private huise met tennisbane” geskuif word sodat hulle kan oefen.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Bernard Tomic  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.