Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Toni Nadal gaan jong Kanadees bystaan
Toni Nadal Foto: Getty Images

Toni Nadal, oom van Rafael Nadal en die man agter die Spanjaard se ongelooflike tennisloopbaan, gaan weer op die ATP Toer te sien wees as ’n afrigter van Kanada se Félix Auger-Aliassime.

Die 60-jarige Toni het in 2017 teruggestaan as Rafa se afrigter om hom op die Rafa Nadal Akademie in Majorka toe te spits.

Hy gaan nou die 20-jarige Auger-Aliassime volgende week met die meesterstoernooi in Monte Carlo bystaan. Rafa het sy groot deurbraak daar in 2005 gemaak en in dieselde jaar die eerste van sy 13 titels op Roland Garros gewen.

Auger-Aliassime, wat deur Frédéric Fontang afgerig word, sê Toni gaan deel van sy afrigtingspan wees. Hy sê hy het dit met Fontang, sy span en sy ouers bespreek.

Hy het Toni in Desember in Majorka die eerste keer genader toe hy daar gaan oefen het.

“Dis regtig om advies en ervaring in te win om ’n beter speler te word,” sê Auger-Aliassime.

“Ons waardes en werksetiek is dieselfde, so dit is vir my ’n wonderlike ding persoonlik en ek is bly dat hy deel is van my projek en hopelik kan ons in die toekoms wonderlike dinge doen.”

Toni sê hy het dit nog nooit oorweeg om saam met iemand anders te werk nie. Hy het benadruk dat as Auger-Aliassime in die komende maande teen sy broerskind sou speel, hy nie in een van hulle se spelershokkie sou wees nie.

Die jong Auger-Aliassime moet nog sy deurbraak maak. Hy was al in sewe ATP-eindstryde betrokke, maar kon nog nie een keer wen nie. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.