Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal smeer Nick heuning om die mond

Toni Nadal beskryf Nick Kyrgios as “een van die grootste tennissterre ná die Groot Drie” en sê die omstrede Aussie is “die speler met grootste gevolg onder jonger generasies”.

Nick Kyrgios is berug as een van tennis se stoutseuns. Foto: Getty Images
Toni Nadal het sy deuntjie oor Nick Kyrgios verander. Foto: Getty Images

Nadal, oom en voormalige afrigter van die legendariese Spaanse tennisspeler Rafael Nadal, was aan die woord by die bekendstelling van die Majorka-kampioenskap waarvan hy die toernooidirekteur is.

Daar is bevestig dat Kyrgios in die grasbaanbyeenkoms sal meeding. Dié ATP 250-toernooi word van 19 tot 26 Junie beslis.

“Nick is ’n ster in die ATP-reeks. Hy is ongetwyfeld ná die ‘Groot Drie’ een van die grootste tennissterre in die wêreld en is die speler met die grootste gevolg onder die jonger generasies,” sê Nadal.

“Hy is ’n uitstekende speler wat boonop ’n goeie vertoning op die baan lewer. So Nick se besluit om in die Majorka-kampioenskap te speel is baie belangrike nuus vir ons. Ek hoop sy teenwoordigheid by die toernooi sal baie mense aanmoedig om na Santa Ponça te kom om hom te volg.”

Die Spanjaard, wat deesdae die Kanadees Felix Auger-Aliassime afrig, het voorheen Kyrgios se gedrag as “sleg vir tennis” beskryf. tennishead

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.