Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Topspelers in kwarantyn in Adelaide

Novak Djokovic en Rafael Nadal tel onder die top mans- en vrouespelers wat na Adelaide reis en 14 dae in kwarantyn sal deurbring voordat hulle na Melbourne vertrek vir volgende maand se Australiese Ope.

Novak Djokovic en Rafael Nadal, die voorste twee manspelers in die wêreld. Foto: Getty Images

Honderde spelers en hul ondersteuningspanne sal van 15 Januarie af in Australië aankom. Hulle sal as deel van Covid-19-maatreëls ’n verpligte tydperk van 14 dae in kwarantyn deurbring voordat die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar van 8-21 Februarie by Melbourne beslis word.

Craig Tiley, grootbaas van Tennis Australië, sê die organiseerders het ’n tweede stad nodig om te verseker hulle oorskry nie die limiet wat die owerhede gestel het vir mense in kwarantyn in Melbourne nie.

Adelaide sal dus gasheer speel vir die voorste drie mans- en vrouespelers, insluitende Ash Barty en Simona Halep, wat ook in ’n vertoontoernooi sal verskyn voordat hulle van 31 Januarie na Melbourne reis.

Simona Halep is een van diegene wat na Adelaide reis. Foto: Getty Images

“Ons het die owerhede in Suid-Australië genader oor die moontlikheid dat hulle minstens 50 mense in kwarantyn sal huisves,” sê Tiley.

“Hulle het egter nie belanggestel nie want daar is geen voordeel daarin vir hulle om hul hele gemeenskap op risiko te stel nie.

“Maar dit sal vir hulle voordelig wees as daar ’n vertoontoernooi net voor Melbourne plaasvind. Ons het dus die topdrie mans- en vrouespelers gekies om op 29 en 30 Januarie in vertoonwedstryde te speel.”

Tiley sê spelers sal tydens die kwarantyntydperk van 14 dae toegelaat word om vyf ure per dag buite hul hotelkamers te oefen. Dieselfde maatreël geld in Adelaide.

Steven Marshall, Suid-Australië se premier, het die vertoontoernooi as ’n “reusewen” vir die staat beskryf.

Tiley sê hy verwag Melbourne Park, wat sowat 800 000 toeskouers by verlede jaar se toernooi verwelkom het, sal in Februarie tussen 50-75% van sy kapasiteit huisves.

Die legendariese Rod Laver sal egter nie een van hulle wees nie.

“Ek het besluit om vanjaar tuis te bly en sal ongelukkig die Australiese Ope misloop,” sê hy op Twitter.

– Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Craig Tiley  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.