Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tou staan vir brood, maak Novak sterk

Novak Djokovic sê al die dae wat hy as kind in sy geboorteland Serwië moes toustaan vir brood het hom sielkundig sterk gemaak en gehelp om Sondag vir die agtste keer as die Australiese Ope-tenniskampioen gekroon te word.

Djokovic het fisiek en sielkundig gesukkel voordat hy herstel het om die Oostenryker Dominic Thiem in vyf stelle te klop.

Novak Djokovic Maandag in Melbourne met die Australiese Ope-trofee, wat hy die agtste keer gewen het. Foto: Getty Images

“Ek het eintlik van niks gekom nie en baie moeilike tye saam met my gesin ervaar,” het hy ná sy sege volgens bbc.com gesê.

“Dit is hoekom ek (Sondag) daardie ekstra rat kon vind,” sê hy.

Die 32-jarige Djokovic het sy 17de Grand Slam-titel gewen deur Thiem met 6-4, 4-6, 2-6, 6-3, 6-4 te klop en nader te skuif aan die rekord van Roger Federer (20) en Rafael Nadal (19).

Toe Djokovic, wat in die Serwiese hoofstad, Belgrado, gebore is, sy 12de verjaardag in Mei 1999 gevier het, het ’n oorlog daardie land al langer as ’n dekade uitmekaar geskeur.

Meer as 20 jaar later is daar steeds spanning oor hoe Navo-lande Serwië vir 11 weke lank gebombardeer het in ’n poging om Serwiese magte uit Kosovo te dryf.

Ek het in Serwië grootgeword in moeilike tye en waar ons in toue moes staan vir brood, melk, water en ander basiese dinge om te kon oorleef.
Novak Djokovic

“Ek het in Serwië grootgeword in moeilike tye en waar ons in toue moes staan vir brood, melk, water en ander basiese dinge om te kon oorleef.

“Dit is die dinge wat jou sterker maak en honger maak vir sukses in wat jy ook al kies om te doen,” sê hy.

“Dit is waar my grondbeginsels gevestig is. Dit inspireer my altyd om te dink aan waar ek vandaan kom en dryf my harder as ooit.”

Thiem het ná die nederlaag gesê hy het nie berou oor hoe hy gespeel het nie.

“In die laaste twee stelle het ek alles gegee wat ek kon. Novak is deel van ’n groep van drie spelers wat sonder twyfel die bestes is wat nog die spel gespeel het.

“As jy in ’n Grand Slam-eindstryd teen hom speel, sal dit ’n wedstryd wees waar klein detail die uitslag sal bepaal.

As jy in ’n Grand Slam-eindstryd teen hom speel, sal dit ’n wedstryd wees waar klein detail die uitslag sal bepaal.
Dominic Thiem

“Wat ek wel voel, is dat ek dalk daardie breekpunt in die vierde stel kon benut het. Hy het goed herstel en het daarna baie goed gespeel.

“Hierdie ouens speel tennis op ’n ander vlak. Hulle trek my ook saam na ’n beter vlak. Dit sou in ’n ander era baie makliker gewees het om van die groot toernooie te wen.

“Ek is egter bly ek kan met hulle meeding en ek hoop ek kan my eerste Grand Slam wen terwyl hulle nog speel. Dit sal soveel meer beteken,” sê Thiem.

Hy het Nadal in ’n intense kwarteindstryd geklop, voordat hy Alexander Zverev in die halfeindronde uitgeskakel het. Hy het bykans ses uur langer as Djokovic op die baan deurgebring voor die eindstryd.

“Fisiek het ek nie so moeg gevoel nie,” sê die 26-jarige Oostenryker. “Ek voel net taamlik leeg hier binne. Maar ek ken daardie gevoel. Ek het dit ook ná die nederlae in Parys (Franse Ope) ervaar. Ek het wel tog motivering om terug te kom vir die volgende Grand Slam-toernooi.”

* Bykomende bron: TeamTalk


Meer oor:  Australiese Ope  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dominic Thiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.