Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tragedie tref Tsitsipas voor eindstryd

Stefanos Tsitsipas het Maandag op Instagram onthul dat hy vyf minute voor Sondag se Franse Ope-eindstryd teen Novak Djokovic van sy ouma se dood uitgevind het.

Stefanos Tsitsipas het sy ouma kort voor die Franse Ope-eindstryd aan die dood afgestaan. Foto: Getty Images

Die 22-jarige Griek het met twee stelle voorgeloop en was op die drumpel van sy eerste Grand Slam-titel, maar die Serwiese wêreldnommereen het merkwaardig teruggeveg en sy tweede Roland Garros-kroon verower.

“Vyf minute voordat ek op die baan gestap het, is my geliefde ouma dood,” sê hy.

“Sy was ’n wyse vrou, wie se geloof in die lewe en bereidheid om te gee en te sorg nie vergelyk kan word met enigiemand anders wat ek nóg teëgekom het nie.

“Dit is belangrik om meer mense soos sy in die wêreld te hê. Mense soos sy laat jou lewend voel en hulle laat jou droom.

“Ek wil graag sê ongeag die dag, die omstandighede of situasie is dít absoluut aan haar en aan haar alleen opgedra.

“Dankie dat jy my pa grootgemaak het. Sonder hom sou dit nie moontlik gewees het nie.”

Tsitsipas het in vyf stelle teen Djokovic verloor, maar in sy plasing die nederlaag in perspektief gestel.

“Die lewe gaan nie daaroor om te wen of te verloor nie. Dit gaan daaroor om elke liewe oomblik te geniet, of jy nou op jou eie of saam met ander is.

“Dit gaan daaroor om ’n betekenisvolle lewe sonder ellende en verwerping te lei. Om trofeë te lig en oorwinnings te vier is iets, maar dis nie alles nie.”

ATPtour.com

Meer oor:  Stefanos Tsitsipas  |  Tennis  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.