Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Trane’ vir Du Toit in tennisstryd
Maya Tahan Foto: Eunice Visagie

Suid-Afrika se Lance-Pierre du Toit en Megan Basson is albei Vrydag in hul kwarteindstryde in die ITF Futures I-tennistoernooi in Stellenbosch uitgeskakel.

Vir Du Toit (19) sal dié nederlaag veral ’n bitter pil wees om te sluk, nadat hy twee wedstrydpunte gehad het, maar dit nie kon benut nie.

Sebastian Prechtel van Duitsland het hom in ’n taai stryd in drie stelle met 6-1, 3-6, 7-6(6) geklop om ’n plek in die halfeind te bespreek.

Prechtel het in die beslissende stel benewens die twee wedstrydpunte wat hy aan die einde afgeweer het, mooi teruggeveg nadat Du Toit op sy afslaan deurgebreek het.

Du Toit het op 5-4 afgeslaan vir die wedstryd, terwyl hy in die valbylstryd ook ’n wedstrydpunt gehad het.

Prechel het egter vasgebyt om die wedstryd in twee uur en 29 minute te beklink.

Die 16-jarige Basson het haar teen die eerste gekeurde, Maya Tahan van Israel, met 2-6, 2-6 vasgeloop.

– Johann de Jager

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Stellenbosch  |  Kwarteind  |  Tennis  |  Verloor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.