Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tsitsipas spyt oor vertoning teen Nadal

Stefanos Tsitsipas erken dat hy geensins tevrede was met die wyse waarop hy deur Rafael Nadal uit die weg gevee is in die ATP-eindtoernooi nie.

Stefanos Tsitsipas was bitter teleurgesteld in sy vertoning teen Rafael Nadal. Foto: Getty Images

Tsitsipas, wat verlede jaar die eerste keer in sy loopbaan dié kroon verower het, sal nie ’n tweede agtereenvolgende titel by die O2-arena agter sy naam kan voeg nie nadat die Spanjaard hom met 6-4, 4-6, 6-2 geklop het.

“Ek hoop regtig ek kan volgende keer meer veg, want ek was glad nie tevrede met die wyse waarop ek Donderdag geveg het nie,” het die Griek luidens tennismajors.com gesê.

“Ek was net te maklik waar ek sterk moes staan. Dit was te maklik om my te breek.”

Tsitsipas se seisoen is nou verby en hy erken dat om tennis tydens die pandemie te speel hom alleen laat voel het en dat isolasie ook nie dinge vergemaklik het nie.

“Ek is nie ’n persoon wat in die donker kant van dinge vaskyk nie, maar hierdie hele ding was moeilik om te hanteer. Om eerlik te wees is ek net bly ek het nie ’n ineenstorting gehad nie. Ek glo as jy ander spelers vra, sal hulle waarskynlik dieselfde reageer,” het hy gesê.

Dit was te maklik om my te breek.
Stefanos Tsitsipas

“Ek sal probeer om van die negatiewe te vergeet, want wie kort negatiwiteit in hierdie wêreld? Kyk net na die ligter kant van alles. Probeer die einde van die tonnel bereik en sien iets beters in die toekoms.”

Die 22-jarige sê dat sy vertoning in die derde stel hom veral met baie vrae oor sy spel gelaat het.

“Dit het nie volgens plan verloop nie. Ek was haastig . . . Ek weet nie werklik eers wat ek probeer doen het nie, om eerlik te wees. Ek was te aggressief. Ek was nie ten volle teenwoordig nie en ek het nie in die oomblik gespeel nie. Dit is die lewe.”

Nadal, wat die tweede stel verloor het nadat hy in die tiende pot sy afslaan verloor het, het drie breekpunte in die derde stel behaal om ’n potensiële Tsitsipas-sege te stuit.

“Ek dink ek het vir ’n lang tydperk goed gespeel,” het Nadal gesê.

“Daardie pot met die telling op 5-4 het die wedstryd ’n bietjie geaffekteer. Ek het die tweede stel verloor en kon toe deurbreek in die derde, maar toe word ek ook gebreek.

“Ek het gedink dat ek my afslane sonder veel moeite kon bemeester tot en met daardie oomblik. Ná dit het alles ’n bietjie verander. Ek het swakker begin afslaan, maar dit was steeds ’n positiewe wedstryd vir my.”

• Nadal kom Saterdag om 22:00 (SA tyd) in die halfeindronde teen Daniil Medvedev te staan.

Dominic Thiem en Novak Djokovic slaan om 16:00 in die ander halfeindstryd af. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.