Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tsitsipas kan titel in Marseille verdedig

Stefanos Tsitsipas sal ’n kans kry om sy titel in Marseille by die Ope 13 te verdedig nadat hy Alexander Bublik Saterdag in ’n oortuigende vertoning geklop het.

Stefanos Tsitsipas sal Sondag in die eindstryd van die Marseille Ope speel. Foto: Getty Images

Die Griek het die wedstryd teen die man van Kazakstan met 7-5, 6-3 beklink.

Tsitsipas, wat tweede gekeur is, het net nodig gehad om tot die derde rat oor te skakel, en in die proses net een pot op sy dien verloor toe Bublik 4-5 terug gebreek het in die eerste stel.

Nadat Tsitsipas in die tweede stel se vierde pot deurgebreek het, was dit neusie verby vir Bublik met die Griek wat dié stel gemaklik gewen het.

Die 21-jarige sal nou die Kanadees Felix Auger-Aliassime in die eindstryd te staan kom.

Auger-Aliassime het vir die Fransman Gilles Simon met 7-5, 7-6(7/2) geklop in die ander halfeindstryd.

Sou Tsitsipas daarin slaag om sy titel te verdedig sal dit die eerste keer sedert Swede se Thomas Enqvist in 1998 wees dat ’n speler dit vermag.

Dit sal Sondag Tsitsipas se vyfde eindronde van sy loopbaan wees. – Sportredaksie, Sport24

Meer oor:  Stefanos Tsitsipas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.