Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tsitsipas klop Zverev vir halfeind-plek

Stefanos Tsitsipas het gemaklik afgereken met die verdedigende kampioen Alexander Zverev om Woensdag die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Londen te haal.

Stefanos Tsitsipas van Griekeland het nog nie ’n stel verloor in sy debuut by die jaareindtoernooi nie. Foto: Getty Images

Nittoatpfinals.com berig die 21-jarige Griek het drie keer op die Duitser se afslaan deurgebreek om hul wedstryd in Groep Andre Agassi met 6-3, 6-2 te wen.

Tsitsipas het met die oorwinning sy wenrekord teen Zverev tot 4-1 verbeter.

“Ek was regtig verras met my vertoning vandag,” sê die sesde gekeurde Tsitsipas, wat nog nie ’n stel in sy debuut by die toernooi verloor het nie.

Rafael Nadal het in die vroeër wedstryd in die groep sy hoop op die ontwykende ATP-jaareindtitel lewendig gehou toe hy van 1-5 en ’n wedstrydpunt teen hom in die beslissende stel teruggeveg het om Daniil Medvedev met 6-7(3), 6-3, 7-6(4) te troef.

Dit het gelyk asof die Rus met sy eerste sege oor Nadal gaan wraak neem in hul eerste ontmoeting sedert die eindstryd van die Amerikaanse Ope. Maar Nadal, oor wie se deelname daar vooraf vrae was weens ’n maagspierbesering, wou nie gaan lê nie.

Die Spanjaard se sege beteken dat Novak Djokovic nou die toernooi móét wen as hy die jaar as die voorste speler wil afsluit.

Dit plaas baie druk op Djokovic wat Donderdag in sy laaste Groep Bjorn Borg-wedstryd teen Roger Federer in ’n maak-of-breek-stryd te staan kom.

Die wenner van die 49ste wedstryd tussen hulle sal saam met Dominic Thiem na die halfeindronde deurdring.

Die tweede speler om die halfeindronde uit Groep Andre Agassi te haal sal Vrydag bepaal word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Stefanos Tsitsipas  |  Tennis  |  Atp  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.