Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Tsitsipas slaan Federer kis in Londen

Die Griekse tennisspeler Stefanos Tsitsipas het gister in Londen met ’n koel en berekende vertoning vorendag gekom om die derde gekeurde Roger Federer in die halfeind van die ATP-jaareindtoernooi te klop.

Roger Federer
Stefanos Tsitsipas

Die sesde gekeurde Tsitsipas mag dalk nog net 21 somers agter die blad hê, maar dit het hom nie gekeer om die 38-jarige Switser met 6-3, 6-4 te klop nie.

En die Griek het dit in styl gedoen deur ’n kishou te moker om die wedstryd te beklink – een van daardie wat Federer net kon aanskou sonder enige kans vir ’n terughou.

“Vandag is ek so trots op myself met my goeie vertoning. Somtyds, met wedstryde soos hierdie, wonder ’n mens by jouself hoe jy al daardie moeilikhede oorkom het,” het Tsitsipas gesê.

Tsitsipas, wat vanjaar die eerste keer deelneem, kom vandag in die eindstryd teen die wenner van die ander halfeind, tussen Dominic Thiem en die verdedigende kampioen, Alexander Zverev, te staan. Dié wedstryd is gisteraand ná saktyd beslis.

Rafael Nadal, wat Vrydag verseker het dat hy die jaar as die wêreld se voorste speler afsluit, kon nie vir die uitspeelrondes kwalifiseer nie.

Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat, Michael Venus van Nieu-Seeland, tree vandag in die eindstryd aan. Hulle kom teen die wenner van die ander halfeind, tussen Lukasz Kubot en Brazil Marcelo Melo en die Fransmanne Pierre-Hugues Herbert en Nicolas Mahut, te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.