Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
UV het trotse vertoningslys om te verdedig
Arné Nel

Bloemfontein. – Die Universiteit van die Vrystaat se tennisspan gaan op vanjaar se Ussa-toernooi swaar op sy voorste manspeler, Arné Nel, steun.

Die Kovsies is vanjaar sonder Christi Potgieter, ’n voormalige Fedbeker-speler en staatmaker onder die vroue die laaste paar jaar. Sy was een van verlede jaar se kapteins.

Nel, die Kovsies se nommereen-speler, gaan weer sy beste voet moet voorsit as die Bloemfonteinse studente van 30 November in Kaapstad hul trotse rekord in stand wil hou.

Hulle was sedert 2010, toe mans en vroue gemeng aan die toernooi begin deelneem het, nog elke keer die kampioen.

Nel was verlede jaar in die Rosestad en in 2013 in Stellenbosch in ál sy enkelspel-wedstryde aan die wenkant.

Anders as van die ander sportsoorte op universiteit is die Ussa-toernooi die enigste amptelike een vir tennis en word groot waarde geheg aan sukses op die toernooi.

Wedstryde bestaan uit vier enkelspelwedstryde deur sowel mans en vroue en twee dubbelspelle elk deur mans, vroue en gemeng.

Die toernooi, waarvan die bepalings nog nie bekend is nie, se wedstryde is geskoei op krag teen krag.

Die sterkste teenstand behoort weer van die Maties te kom met wie die Kovsies in die vorige drie jaar se eindstryde slaags was. In die eindstryd van die Sun City-uitnodigingstoernooi vroeër vanjaar het die Stellenbossers net-net met die Vrystaters afgereken.

Ses van verlede jaar se 12-tal is weer vir die Kovsies beskikbaar. Dit sluit in spelers soos Duke Munro (mede-kaptein in 2014) en Veruska van Wyk.

  • Die span is:

Mans: Arné Nel, Cornelius Rall, Ruben Kruger, Emke Kruger, Byron Wegger, Duke Munro.

Vroue: Ansunica Brits, Mareli Bojé, Veruska van Wyk, Janine Erasmus, Anandhi Botha, Susan Basson.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.