Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Venus klop haar suster; SA se Kevin vorder

Venus Williams het haar suster Serena se terugkeer na die tennisbaan Maandagaand kortgeknip met ’n sege van 6-3, 6-4 by die Paribas Ope in Indian Wells.

Serena Williams (regs) omhels haar suster, Venus, nadat hulle mekaar die stryd aangesê het. Foto: Getty Images

Serena, wat langer as 13 maande nie gespeel het nie nadat sy verlede jaar geboorte geskenk het aan haar eersteling, het moedig baklei en ’n wedstrydpunt met die telling op 5-2 in die tweede stel afgeweer. Maar die roes het die laaste sê gehad.

Venus sê sy het haar suster, wenner van 23 Grand Slam-titels, nooit afgeskryf nie.

“Ek weet dit is nie verby totdat dit wel verby is nie,” sê Venus.

“Sy het aanhou terugbaklei, ek is net gelukkig dat ek op die oomblik meer wedstryde as sy agter die blad het.”

Venus, agtste op die wêreldranglys danksy ’n suksesvolle 2017, het ses kishoue gemoker en vier keer op Serena se afslaan deurgebreek.

Vroeër het die Australiese Ope-kampioen Caroline Wozniacki haar hoop om die boonste plek op die ranglys terug te neem lewend gehou deur Aliaksandra Sasnovich in ’n slordige kragmeting met 6-4, 2-6, 6-3 te troef.

Haar teenstander in die volgende ronde is Daria Kasatkina nadat die Rus die Amerikaanse Ope-kampioen Sloane Stephens met 6-4, 6-3 geklop het.

Die 27-jarige Deen moet die toernooi wen en hoop die eerste gekeurde Simona Halep haal nie die eindstryd nie om weer die nr. 1-vrouespeler in die wêreld te word

Elina Svitolina (vierde) het met 7-5, 6-3 teen Carla Suárez Navarro verloor.

* In die mansloting het Suid-Afrika se Kevin Anderson (sewende) sy plek onder die laaste 16 bespreek deur die Argentyn Nicolás Kicker met 7-6 (7/1), 7-6 (7/3) te klop.

Kevin Anderson van Suid Afrika vertoon goed in Kalifornië. Foto: Getty Images

Anderson kom volgende teen Pablo Carreño Busta (11de) te staan.

Die Suid-Afrikaner spog met ’n wenrekord van 3-0 teen die Spanjaard, wat ’n sege in vier stelle in hul mees onlangse kragmeting by die Amerikaanse Ope insluit.

Die wêreld se voorste speler, Roger Federer, is ook veilig deur na die volgende ronde danksy ’n oorwinning met 6-2, 6-1 teen die Serwiër Filip Krajinovic (25ste).

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Serena Wil­Liams  |  Wta  |  Atp  |  Venus Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.