Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Verdedigende kampioen vermy New York
Bianca Andreescu, die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioen, gaan die toernooi in New York misloop. Foto: Getty Images

Bianca Andreescu het bevestig sy sal nie haar Amerikaanse Ope-titel in New York verdedig nie omdat die Covid-19-pandemie haar vermoë belemmer om haar beste spelpeil te haal.

Die 20-jarige Kanadees, wat sedert haar kniebesering in Oktober by die WTA-jaareindtoernooi in Shenzhen buite aksie is, sluit haar aan by die lys spelers wat hulle aan die toernooi van 31 Augustus tot 13 September onttrek het.

“Ek het verskeie gesprekke met my geliefdes gehad en ek het die moeilike besluit geneem om nie vanjaar na New York terug te keer nie,” sê Andreescu, wat Serena Williams in 2019 se eindstryd geklop het om Kanada se eerste Grand Slam-enkelspelkampioen te word.

“Ek neem hierdie stap sodat ek my wedstrydfiksheid kan herwin en daarvan seker kan wees dat wanneer ek terugkeer ek gereed is om my beste spelpeil te lewer.”

Andreescu, sesde op die wêreldranglys, is die nuutste top10-speler in die vroueloting om die VSA-ope mis te loop. Sy sluit haar aan by die Aussie Ash Barty (eerste), Elina Svitolina van die Oekraïne (vyfde) en die Nederlander Kiki Bertens (sewende).

Haar besluit beteken ook die toernooi sal sonder albei sy verdedigende enkelspelkampioene beslis word nadat Rafael Nadal reeds gesê het hy gaan die Grand Slam vermy.

Die Amerikaanse Tennisvereniging (USTA) het besluit om voort te gaan met die Grand Slam sonder toeskouers, terwyl daar van spelers verwag word om streng maatreëls te volg, insluitende gereelde toetsing, in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

“Ek wil die USTA en WTA bedank vir al hulle harde werk om die toernooi ’n moontlikheid te maak,” sê Andreescu.

“Ek sien daarna uit om my binnekort by my teenstanders op die baan aan te sluit.”

– Reuters

Meer oor:  Itf  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Bianca Andreescu  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.