Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Verslane Novak ‘bietjie irriterend’

Tennis se Britse stout seun, Dan Evans, het kort ná sy skokoorwinning oor Novak Djokovic beweer die wêreld se nommer een het tot sy eie ondergang bygedra.

Dan Evans vier sy oorwinning teen Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Evans, 33ste op die wêreldranglys, het die Serwiër Donderdag met 6-4, 7-5 pak gegee en sy plek in die kwarteindronde van die Monte Carlo-meesterstoernooi bespreek.

Die 30-jarige Evans kon voor die toernooi nog net vier kleibaanstryde wen en dit was Djokovic, wenner in 2013 en 2015, se eerste nederlaag in 11 kragmetings vanjaar.

Evans voer aan die feit dat Djokovic hom voor hul wedstryd in die kleedkamer laat wag het, het eenvoudig as motivering gedien.

“Hy het my voor die begin van ons kragmeting in die kleedkamer laat wag. Dit was ’n bietjie irriterend. Dit het gesorg dat ek ekstra oorgehaal was om hom te klop,” sê hy.

Evans was voorheen geskors vir die gebruik van kokaïen, maar het sedertdien sy persoonlike lewe in orde gekry.

Hy kom nou vir ’n plek in die halfeindronde te staan teen België se David Goffin, wat die vyfde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland met 6-4, 7-6(7) verras het.

Die derde gekeurde Rafael Nadal het Grigor Dimitrov van Bulgarye maklik met 6-1, 6-1 verslaan en sal volgende teen sy Spaanse landgenoot Roberto Bautista Agut of die Rus Andrey Rublev speel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Dan Evans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.