Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: Veteraan (97) wil teen Federer speel!

Leonid Stanislawskji, ’n 97-jarige tennisspeler van die Oekraïne, sukkel om waardige teenstanders in sy ouderdomsgroep te kry.

Dit keer hom egter nie om aan die wêreld- en Europese kampioenskappe vir seniors deel te neem en gereeld met jonger spelers af te reken nie.

Die 97-jarige Leonid Stanislawskji gaan in Oktober in sy eie kategorie vir spelers van 90 jaar en ouer in ’n ITP-reeks vir veterane kan speel. Foto:

Maar ai, die ou meester beweeg nie meer so vinnig op die baan soos vroeër nie.

Stanislawskji was 30 jaar oud toe ’n kollega hom aan tennis bekend gestel het.

Sedertdien oefen hy drie keer per week in sy tuisdorp Charkif in die ooste van die Oekraïne.

“Dis ’n elegante tipe sport. Dit is goeie fisieke oefening. Dis ’n pragtige spel. En dit maak nie saak hoe oud jy is nie, jy kan tennis speel,” sê Stanislawskji.

Hy word reeds in die Guinness World Records as die wêreld se oudste tennisspeler erken en nou is hy hard aan die oefen vir vanjaar se Wêreldtoernooi vir super-seniors wat in Oktober in Mallorca in Spanje gehou gaan word.

Die Internasionale Tennisfederasie het vanjaar vir die eerste keer ’n kategorie vir spelers 90 jaar en ouer in die toernooi ingestel. Dit was nadat Stanislawskji ’n skriftelike versoek tot die federasie gerig het.

“Ek het baie beter gevoel toe ek 95 was. Dis moeilik om selfs net rond te stap as jy 97 is,” sê hy.

“Mense jonger as 70 sê: ‘Dankie tog, ek het nog ’n jaar oorleef.’ Mense tussen 70 en 90 sê: ‘Dankie tog ek het nog ’n maand oorleef.’ Ek sê elke dag vir God dankie dat ek nog ’n dag oorleef het.”

Volgens Stanislawskji is die geheim vir sy lang lewe ’n mengsel van goeie gene en gereelde deelname aan sport.

Hy begin elke oggend met gimnastiek en doen dan ’n klompie opstote en optrekke.

Hy swem en ski ook graag, en wil nog valskermspring voor hy doodgaan.

Maar, sê die ou kanniedood, sy grootste droom is om 100 jaar oud te word en dan teen Roger Federer te speel. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.